RUGBY

Ons hier by Hoërskool Transvalia is trots daarop om al vir baie jare met uitstekende sport prestasies geseën te wees. Jy benut jou talente en daarom is jy alreeds ‘n wenner in eie reg. By Transvalia ontwikkel ons jou talente nog verder, sodat jy jou volle potensiaal kan bereik. By VALIA sal jy jou rugby geniet en jou drome kan laat waar word.

Valia Rugby prestasies:

Deelname aan die gesogte NWU Skolesportreeks (Die grootste van sy soort in SA) teen van die Top skole in die land.

Ons was bevoorreg genog om aan die Wildeklawer toernooi deel te neem in 2019 (Slegs 1 van 2 skole in die Valke streek wat kwalifiseer en uitgenooi word om aan die gesogte toernooi te kan deelneem teen van die beste spanne in SA).

Virsekerbeker liga (Plaat-afdeling) deelname, enigste skool in die Vaaldriehoek in die afdeling. Optimale blootstelling en ontwikkeling van elke rugbyspeler (A en B spanne)(9 spanne in totaal). Al 4 ons A-spanne het in die Semi-finaal gespeel in 2023 en die 0/16A span het hulle liga gewen.

Jaarlikse toere teen van die beste skole in die Suide.

Gratis kondisionering (Gimnasium op skoolterrein) en vaardigheidsontwikkeling gedurende seisoen en in af-seisoen.

Transvalia lewer elke jaar gemiddeld 30 spelers op wat gekies word vir verskeie Valke provinsiale spanne sowel as spelers wat gekies word vir Rhino- en Bokkieweke.

7's Rugby: Valia het elke jaar 2 spanne wat in die Valke liga deelneem en kwalifiseer jaarliks as 1 van die top 2 skole in die Valke streek vir die Noordvaal toernooi.

Valia Rugby word vereer in die SA Rugby tydskrif se Augustus uitgawe van 2018.

Valia lewer verskeie Nasionale en Provinsiale spelers op na skool.

Elrigh Louw (Matriek 2017) word ons jongste Springbok rugby speler in 2022.