GHOLF

Oefeninge vind weekliks plaas gedurende die jaar

Kompeterende blootstelling teen Top skole

Toernooie en liga’s waarin ons leerders deelneem:

NWU Superskole reeks, Vaaldriehoekliga, Noordvaal liga en SA Hoërskole toernnooi

Uitslae 2023

Valia Gholf 2023

NWU Skolesportreeks Gholftoernooi

Valia se gholfspan het hard gewerk om hul spelpeil op 'n hoë standaard te hou. Die spelers het met groot opgewondenheid op Vrydag 14 April vertrek na die Elandspoort Gasteplaas te Modimole..... Die finale voorbereiding vir die toernooi het seepglad begin met twee suksesvolle oefenrondtes op 15 en 16 April by die pragtige Koro Creek baan. Die toernooi het op 17 April afgeskop en na die 1ste dag was Valia 4 punte voor hul naaste teenstanders Kemptonpark en KHS.... met Menlopark nog 'n punt agter hulle....Menlopark veg egter terug op die tweede dag en eindig met 3 punte voor Valia aan die einde van van die tweede dag.... Menlo se goeie vorm duur voort op die derde dag en wen die toernooi met Valia in die tweede plek..... Ons C Span eindig ook 2de met die B span in die 4de plek.... Valia se A span rekord oor die laaste 4 jaar is 2 eerste plekke en 2 tweede plekke..... Beslis 'n rekord om op trots te wees....

Ons hier by Valia is baie trots op ons gholfseuns en ons waardeer al die ure wat jul insit..... Sterkte vir die res van jul seisoen.

Provinsiale deelname 2023

Hoërskool Transvalia se gholfspelers het weereens baie goed presteer ten spyte van 'n baie besige eerste twee kwartale. Janko Vrey en Wihandre Kruger het die uitsonderlike prestasie behaal om vir die Noordwes gholfspan gekies te word wat op 20 Augustus 2023 aan 'n provinsiale toernooi deel te neem in Pretoria by die fantastiese Waterkloof Gholf landgoed. Hierdie is 'n puik prestasie as in aanmerking geneem word dat hul onderskeidelik in die krieket en rugby sportkodes ook reeds provinsiale kleure verwerf het. Beide van hierdie seuns het ook onderskeidelik die Vaaldriehoek A en B spanne gehaal. Twee ander seuns waarop ook besonder trots is, is Markus Maree en Willie Strydom. Hul het ook onderskeidelik die Vaaldriehoek Hoërskole A en B spanne gehaal wat in die Oktober vakansie aan 'n toernooi gaan deelneem. Ons hier by Valia is besonder trots op ons gholfseuns en wens hul baie sterkte toe vir hul toernooie wat voorlê. Ons hou hul vordering met belangstelling dop.