Matriekuitslae 2023

Matriekuitslae 2022

Akademie is vir ons belangrik:

  • Goed gekwalifiseerde onderwysers

  • Gratis ondersteuningsklasse in verskeie vakke (Wiskunde Gr. 8 tot 12).

  • Kleiner klasse, gr 8 en 9 ongeveer 30 leerders.

  • Alfabetiese klasindelings in gr 8 – 9.

  • Vakpakette volgens individuele behoeftes in Gr 10 – 12.

  • Twee een uur toetse per week.

  • Twee eksamens per jaar, Junie en November.

  • Hoof hanteer vakveranderings in samewerking met die ouers.

Erkenning vir Akademiese Prestasie

Vita Academia Klub vir gr 8 – 12 akademiese presteerders (geen Top 10 nie).

Alle leerders wat aan die volgende vereistes voldoen word lid:

  • Gr 8 – 9:  gemiddeld van 80% of hoër.

  • Gr 10 – 11:  gemiddeld van 75% of hoër.

  • Gr 12:  gemiddeld van 70% of hoër.

Toekennings geskied twee keer per jaar op grond van eksamen uitslae.

Twee uitstappies per jaar.

Akademiese erekleure:

Graad 8 – 9:  gemiddeld van 90% of hoër (‘n Balkie vir 85% of hoër).

Vita Academia Augustus 2023

Slaagvereistes vir graad 8 volgens “CAPS”

Afrikaans Huistaal: 50%

Engels Eerste Addisionele Taal: 40%

Wiskunde: 40%

Drie  ander vakke: 40%

Twee ander vakke: 30%

Keusevakke vir Universiteitstoelating:

Gr. 10 tot 12

Erkende Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Universiteit toelatingsvakke wat by Transvalia aangebied word:

  • Besigheidstudies

  • Dramatiese Kunste

  • Ekonomie

  • Fisiese Wetenskap

  • Geografie

  •  Ingenieursgrafika en –ontwerp

  • Inligtingstegnologie

  • Lewenswetenskap

  • Rekeningkunde

  • Tale (Afrikaans Huistaal en Engels EAT)

  • Verbruikerstudie

  • Visuele Kunste

  • Wiskunde

  • Wiskundige Geletterdheid

  • Rekenaartoepassingtegnologie

Alhoewel Pas en Draai en Toerisme nie Universiteit toelatingsvakke is nie, word hierdie drie vakke in aanmerking geneem by die berekening van die leerder se TPS- en APS-telling en ook by Transvalia aangebied.