NETBAL

Ons program is weereens volgepak met opwindende uitdagende wedstryde wat vir volgende jaar voorlê.

NWU Superskolereeks deelname.

Sedibengliga, waaraan alle skole in die Vaaldriehoek deelneem. Indien ‘n span in hierdie liga in die top twee posisies eindig, dring hul deur na die Gautengkampioenskappe. Ons is die enigste skool in die Vaaldriehoek wat spog met 13 spanne. In 2023 het al vyf die A-spanne deur gedring na die Gautengkampioenskappe toe.

Die 0/16A Netbal span van 2023 het geskiedenis gemaak om een van min spanne in die Vaaldriehoek te wees wat onder die Top 5 posisies in Gauteng beklee en sodoende te kwalifiseer vir die SASN Kampioenskappe.

Lewendige beeldsending van meeste van ons wedstryde gedurende die jaar.

Gauteng speler - Gauteng Netbal 2023

Baie geluk aan die volgende leerder wat die Gauteng-span vir 2023 uit Transvalia gehaal het

O/16

Dudu Malindi

Dit is ook die 3de jaar wat sy Gauteng verteenwoordig.

Welgedaan - dit is regtig 'n wonderlike prestasie.

Bepalings vir 2024 - Kliek hieronder om die program vir die jaar te kry