Aanlynaansoekproses

Gr. 8's van 2024 

Gauteng Onderwysdeparement Aanlynaansoekproses - Inligting sal volg soos wat dit gekommunikeer word aan die skole.

Stappe om te registreer sal op ons webtuiste beskikbaar wees. Skakel ons gerus met enige vrae.

As jou pad na Hoërskool Transvalia in 2024 lei, weet dat jy hier by ons ook veilig en rustig sal kan stap met die ondersteuning van vriendelike, bekwame onderwysers en nuwe maats. Jy is dit waardig om jou hoërskoolloopbaan hier deur te trap en te matrikuleer in 2028. Met geloof in jouself word jy gou-gou ‘n trotse Valia.

Word deel van alles en kom beleef alles hier by Valia: leer, lag, leef, dans, droom, hardloop rond, speel en eet by die kaf! Wees deel van die Valia-hartklop en help bou aan tradisies. Bevestig jouself as ‘n Valia-leerder met Valia-beginsels van Christenskap, respek, eerlikheid, trots, eienaarskap en lojalitiet deur die lui van die ‘ARC DE VALIA’ klok.

Ons vertrou dat jy hier by Transvalia nie net gaan leer hoe om jou akademiese potensiaal te bereik nie, Maar leer hoe om in jouself te glo, Leer hoe om vriendskappe te koester en LEER om elke geleentheid met albei hande aan te gryp.

Indien jy nie by ons Opedag was of kon wees nie kyk gerus weer na die hoogtepunte.

#TTT #TrotsTradisieTransvalia #ValiaOpedag2023 #Gr82024