Ons storie

1 April 1958 word erken as die amptelike stigtingsdatum van Hoërskool Transvalia onder die tydelike hoofskap van Mnr. J. de Vlamingh. Op 3 Januarie 1959 begin die skool in tydelike geboue in Buddstraat met Dr. S.W. Roos die eerste permanente hoof, 13 personeel en 348 leerders.

Baie gou moes die hoërskole in die Vaaldriehoek kennis neem dat daar met Hoërskool Transvalia rekening gehou moet word op die sportveld en op ander terreine. Op 18 September 1963 word die huidige skoolgebou amptelik geopen en word die skoollied vir die eerste keer deur ons dogterskoor gesing.

Dr. Roos word in 1970 aangestel as Inspekteur van Onderwys en Mnr. Ackermann neem in 1971 waar as hoof. In 1972 kry Transvalia sy tweede permanente hoof, Mnr. Elmar Steyn, wat tot sy aftrede in 1982 die skool van krag tot krag lei.

Mnr. J.N.C.J. Coetzee was hoof vanaf Januarie 1983 tot Julie 1988 waarna hy as Superintendent van Onderwys aangestel is. Mnr. F.A. Visser was hoof vanaf April 1989 tot April 2000. Hy het 'n pos by die PU vir CHO aanvaar in die departement Openbare betrekkinge.

Hy word opgevolg deur Mnr. R.A. Oosthuizen vanaf 1 Julie 2000. Op 1 Augustus 1992 word Transvalia ook 'n Staatsondersteunde skool. In Oktober 2009 word Mnr. J.R. Venske aangestel as skoolhoof.

Met trots kan vandag teruggekyk word na 'n ryke verlede en 'n kragtige voortstuwing om die skoolleuse BEHOU EN BOU uit te leef.

Skoollied

Waar die saad van rooigras windwieg
oor die vlakveld van die Vaal-
en wye aarde uitkring
Op die hoëveld van Transvaal,
Waar die staalstad sterke arms reik
Na die land se helder lug-
Staan Transvalia, die trotse
Skool van hoop en arbeidsvrug,
Waar ons bid en hoop en werk-
Uit ons eie erf die goed behou
Waar Transvalia, so trots en sterk
Hier ons land se toekoms bou.

REFREIN
Bou, behou, behou en bou
Transvalia (x2)jou jeug se faam
Bou, behou, behou en bou
Transvalia (x3) jou trotse naam.

WOORDE:
Mnr. Elmar Steyn

skoolwapen_swart_wit.jpg

Skoolwapen

Die sentrale simbool in ons wapen is die arend, ontleen aan die ou Transvaalse Wapen - simbool van krag. Die by met sy ywer en energie is vir ons die simbool van ons daaglikse taak - vandaar die tweede gedeelte van ons leuse bou. Die wiel van die ossewa, die eertydse draer van beskawing na die Transvaal, simboliseer vir ons daardie dinge ín ons volksverlede wat ons wil behou in ons skool.

Erekode

Ons gee in ons skool die ereplek aan God en Sy Woord en ons streef Christelike lewensbeginsels na. Ons beywer ons vir ons Taal, ons Nasie en ons Land.

Ons gedra ons onder alle omstandighede as waardige Suid-Afrikanerseuns en -dogters.

Ons streef daarna om eerlik, getrou, opreg, hulpvaardig en vriendelik te wees.

Ons woord is ons eer.

Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.

Ons respekteer ons skooldrag en skoolkleure.

Ons wil die beste gebruik maak van geleenthede, voorregte en ook woeker met ons talente.

Ons strewe na netheid met betrekking tot onsself, ons werk en ons omgewing.

Ons beywer ons om ‘n rol te speel in die gemeenskap, met medeverantwoordelikheid en samewerking.

Geboue en Terrein

Sportontwikkelingsentrum(Gimnasium)
Seuns Koshuis
Drie rekenaarsentrums
Een Ingenieursgrafika en Ontwerp rekenaarklas
Hokkie Astro
Kafeteria
Mediasentrum
Nuwe Tennis en Netbalbane
Nuwe krieketnette en Krieketoefenfasiliteite

Visie

Dit is die visie van Hoërskool Transvalia om ‘n gesogte skool te wees met fokus op kwaliteit onderrig. Die blootstelling aan alle fasette van die lewe, in ‘n veilige omgewing en leerders bemagtig om verantwoordelike landsburgers te wees wat respek, geduld, inklusiwiteit en uitnemendheid teenoor ander toon.

Missie

Hoërskool Transvalia streef na:

  • effektiewe bestuur

  • positiewe houding teenoor verandering

  • die aanstel van toegewyde en innoverende onderwysers

  • ‘n gedissiplineerde leerkultuur

  • kweek van leerders met trots en toewyding

  • ouer en gemeenskap betrokkenheid

  • ontwikkeling van sport en kultuur aktiwiteite

  • voldoende fasiliteite

Trotse tradisies van Transvalia

Die matriekeiland is slegs vir Graad 12-leerders-geen leerders van ‘n ander graad mag op die matriekeiland kom nie.

Daar word slegs twee keer in ‘n leerder se hoërskool loopbaan onder deur die Valia klok geloop. Dit is aan die begin van Gr. 8 wanneer ‘n leerder as ‘n volwaardige Valia verwelkom word en aan die einde van graad 12 wanneer die leerder sy/haar hoërskoolloopbaan by Valia afsluit. Geen leerder mag op ander tye onderdeur die klok loop nie.

Graad 8-leerders moet tuis byeenkomste bywoon om 1ste spanne te ondersteun.

Graad 8-leerders moet met alle tuis atletiekbyeenkomste agter bly om te help opruim en skoon te maak.

Tydens sportbyeenkomste moet alle leerders in skoolklere geklee wees.

Graad 8- en 9-leerders mag nie die matriekafskeid bywoon nie aangesien dit beskou word as ‘n funksie vir ons senior leerders.

Graad 8’s mag ook nie die eerste sokkie van die jaar of die Valentynsbal bywoon nie.

Algemene Skoolreëls

Ons is trots op ons skool, daarom word skoolfunksies in skooldrag bygewoon, tensy dit anders gereël word.

Die nakom van die rookbeleid is verpligtend. Rook op die skoolterrien is VERBODE en rook in SKOOLDRAG op ENIGE PLEK IS VERBODE.

Kou van kougom op die skoolterrein is verbode.

Die gebruik van alkoholiese drank en verdowingsmiddels is STRENG verbode.

Ongeoorloofde en uitspattige drag en oorbelle vir seuns en dogters word nie by funksies toegelaat nie.

NB! HOU TRANSVALIA SKOON. Moet nooit verby 'n papier loop nie, tel dit op en stel 'n voorbeeld.

Tydens skooluitstappies moet leerders korrek en baie netjies in skooldrag geklee wees. Seuns moet ten alle tye skoon geskeer wees. (Eksamen of klasse sal geweier word.)

Enige ingeskrewe leerder van Hoërskool Transvalia moet hom/haar onderwerp aan die skool se gedragskode en dissiplinêre stelsel. Die gedragskode is vir insae by die skool beskikbaar. As 'n leerder inskryf by Transvalia onderwerp hy/sy hom/haar aan die gedragskode.

Reëls gedurende skooltyd

  • Niemand word voor skool of gedurende pouse in klaskamers of op trappe of agter die pawiljoene toegelaat nie.

  • Luidrugtigheid word nooit op die terrein, op die stoepe of klaskamers toegelaat nie. Klaswisseling moet so vinnig en ordelik moontlik geskied.

  • Niemand mag tydens skoolure die terrein sonder toestemming verlaat nie.

  • Leerders mag slegs, met uitsondering, gedurende periodes die klas lokale verlaat en slegs met toestemming van die betrokke onderwyser.

  • Vandalisme van enige aard hoort nie tuis by Transvalia nie, die leerder sal verantwoordelik wees vir betaling.

  • Die gesag van die LOR, VLR en sport kapteine moet deur die leerders aanvaar en gerespekteer word.

  • Geen fisiese kontak tussen paartjies word op die skool terreinen/of in skoolklere toegelaat nie.

Reëls vir voorskool en pouses

Niemand word voor skool of gedurende pouse in klaskamers toegelaat nie.

Geen leerling word in die saal of klubhuis onder ‘n toesighoudende onderwyser nie toegelaat.

Leerders mag pouses op groot gedeelte van die die terrein ontspan, let wel geen leerder mag in die area aan die anderkant van die teerpad wat van die sport hek af loop wees nie.
Bly te alle tye weg van personeel se motors en skoolbusse.

Reels in verband met motorfietse en motors

  • Motorfietse word in skooltyd op die terrein toegelaat, maar mag slegs op voorgeskrewe plekke parkeer en slegs as daar ‘n geldige lisensie getoon word.

  • Parkering vir leerder motors is aan die noordekant van die skoolterrein. ‘n Leerder moet sy motor se parkeerplek reserveer in die algemene kantoor, deur bewys te lewer van bestuurderslisensie en dat registrasienommer vir rekorddoeleindes aangeteken kan word. Leerders wat dit nie gehoorsaam nie, se voertuie sal versoek word om buite die terrein te parkeer.

  • Gehoorsaam verkeersreëls oral waar jy met jou motorfiets en motor ry, veral wanneer jy in skooldrag is.
    In die middae met die sportoefening mag motorfietse nie in die pad vanaf die klubhuis tot by die hokkievelde parkeer word nie. Dit belemmer die vloei van verkeer. Parkeer op die vierkante.

  • Leerders wat motorfietse en motors op die terrein bestuur en parkeer, moet in besit van 'n bestuurslisensie wees.

Tasse, tekensakke en sportsakke

  • Boeke is baie duur en daarom word VERSTERKTE, STEWIGE TASSE met afskortings aanbeveel.

  • Tasse en potloodsakkies moet van buite skoon gehou word en nie onnodig bekrap word nie.

  • Moenie jou tas, tekensak ofsportsak sonder toesig laat nie.

  • Merk al jou besittings.

Saal

  • Leerders mag nie die saal sonder toestemming binnegaan nie. Koeldrank en eetgoed word nie in die saal toegelaat nie.

  • Saalstoele moet opgepas word.

  • Geen gesels of uitspattige gedrag word tydens enige saalbyeenkoms toegelaat nie.

  • Tydens saalopening sit dogters aan die regterkant en seuns aan die linkerkant as jy van agter af instap.

Tennisbane

  • Leerders mag slegs die tennisbane in netjiese ontspanningsdrag en toepaslike skoene gebruik.

  • GEEN buitestaanders word op die tennisbane toegelaat nie, behalwe Vaal Tennis klublede.

Skoolbesoek

Afwesigheid

  • Alle gevalle van ongereelde skoolbesoek word deur die onderwysowerhede in `n ernstige lig beskou. Probleme in hierdie verband word deur die Beheerliggaam hanteer.

  • `n Mediese sertifikaat word vereis indien `n kwartaaltoets, Junie eksamenvraestel of ander SBA take nie voltooi is nie. Sonder sodanige bewys sal die leerder nul kry.

  • Met die mediese sertifikaat kan daar van leerders verwag word om die kwartaaltoets, Junie eksamenvraestel of ander SBA-take op `n tyd soos met onderwyser gereël in te haal.

  • Dit is nie die geval met die finale/eindeksamen nie.

  • Afwesighede vir die dag voor ‘n kwartaaltoets, kan ‘n mediese sertifikaat vereis word.

  • Afwesigheid tydens gewone skooldae vereis `n brief van die ouer of `n mediese sertifikaat vir afwesigheid langer as 3 dae - hierdie moet so gou moontlik aan afwesighede@hstransvalia.co.za gestuur word.

  • Briewe of mediese sertifikate kan ook wanneer die leerder terug by die skool is, ingehandig word by hul voogonderwyser.

  • `n Persoonlike reëling moet vooraf met die hoof of adjunkhoof getref word, indien die leerder uit die skool vir enige ander rede as siekte gehou word.

  • Volgens die teenwoordigheidsbeleid van die Departement van Onderwys word leerders wat vir ‘n aaneenlopende tydperk afwesig is van die skool se data sisteem verwyder, maar die skool se handboeke is steeds verskuldig en die skoolfondsrekening word nie gesluit tot ‘n T5-vorm ingevul en onderteken is deur die ouer, die hoof en ander betrokke partye nie. Leerders kan nie op ander tye, as die geskeduleerde tye, toetse en eksamenvraestelle skryf nie.

  • Alle punte vir SBA-take word aan die einde van die jaar gebruik en vorm deel van leerder se jaarpunt. Leerders moet take wat nie gedoen is nie a.g.v. siekte (met `n geldige mediese sertifikaat) steeds inhaal. Hiervoor word geleentheid geskep. Indien daar take uitstaande is, sal die leerder nie volgens departementele beleid toelating tot eksamen ontvang nie. Hierdie reëling geld ook vir mondelinge evaluerings by tale en praktiese evaluering by Lewensoriëntering.

Uitteken van leerders tydens skoolure

  • Leerders kan slegs deur hul eie ouers/voogde persoonlik uitgeteken word vir noodsaaklike redes.

  • Indien dit vir `n ouer onmoontlik is om self die leerder te kom haal, moet reëlings getref word. So `n reëling moet skriftelik bevestig word met ‘n handtekening of u kan ook ‘n e-pos stuur na ontvangs@hstransvalia.co.za met `n kontaknommer van die ouer om te kan bevestig.

  • ‘n Leerder wat by die skool siek word, sal nie toegelaat word om self huis toe te gaan nie. `n Leerder moet dan in die siekekamer lê totdat sy/haar ouer/voog hom/haar self kan kom haal.

  • Leerders moet asseblief deur die kantoor reël en nie self skakel, dat ouers hulle moet kom haal nie.

Selfone/elektroniese toestelle

  • Gebruik van selfone/elektroniese toestelle in klasse en tydens opening is verbode, mits met toestemming van onderwyser vir vak doeleindes gebruik word. Die skool is egter nie verantwoordelik indien enige van bogenoemde artikels gesteel of breek word nie. Leerder bring dus bogenoemde toestelle op eie risiko skool toe.

  • Indien selfone/elektroniese toestelle in klaskamers gebruik word sonder toestemming, sal dit gekonfiskeer word. Selfone/elektroniese toestelle kan slegs deur ouers teen `n boete van R50 afgehaal word. Indien die boete nie betaal word nie, kan die leerder aan die einde van die kwartaal die selfoon/elektroniese toestelle by die kantoor gaan afhaal.

  • Die hantering van `n selfoon/elektroniese toestel in `n eksamenlokaal, word as `n ongeruimdheid beskou.

  • Selfone/elektroniese toestelle mag nie as sakrekenaars gebruik word nie.

  • Met die toename in die gebruik van sosiale media, wil ons dit duidelik maak dat die neem van foto’s en maak van video’s streng verbode is en dan die verdere wanaanwending deur dit op sosiale media (TikTok, Instagram, Facebook) te versprei is totaal onaanvaarbaar en kan tot dissiplinêre stappe kan lei.

  • Indien ‘n leerder ‘n vape gebruik of in besit is van ‘n vape, sal dit gekonfiskeer en vernietig word.

Skooldrag en Algemene netheid

  • Deur ons leerders te klee in die skool se amptelike drag, verleen ons aan die skool `n voorkoms waarop u as ouer, u kind en die gemeenskap met reg trots kan wees. Alle tekens van gebrek of weelde word dan uitgewis en `n sterk samehorigheidsgevoel, wat die grondslag is vir gesonde skooltrots en skoolgees, word bevorder. Weggee of verkoop van skoolklere aan enige persoon wat nie aan Transvalia verbonde is nie, is streng verbode. Tweedehandse klere kan eerder aan die klerebank by die skool geskenk of verkoop word.

  • Tydens skooluitstappies en prysuitdelingsfunksies moet leerders korrek en baie netjies in skooldrag geklee wees. Seuns moet ten alle tye skoon geskeer wees.

  • Valia hempies word saam met die Valia ondersteunersbroek of sweetpak op Vrydae gedra. Slegs netjiese sporttekkies word saam met hierdie drag gedra. Alle reëls ten opsigte van voorkoms geld nogsteeds op hierdie dae.

  • Sweetpakbaadjies mag nie saam met gewone skoolklere gedra word nie.

Seuns-Skooldrag

Somersdrag word vanaf 1 September tot 30 April gedra:

  • Grys kort- of langbroek.

  • Swart gordel sonder vreemde gespes word by die broek gedra.

  • Wit kortmou skoolhemp met of sonder ‘n das.

  • “Pull over” of skooltrui kan bo-oor hemp gedra word.

  • Grys skoolkouse met swart skoolskoene, geen stewels met gespes nie.

Wintersdrag word vanaf 1 Mei tot 31 Augustus gedra:

  • Grys langbroek.

  • Grys skoolkouse.

  • Wit langmou skoolhemp met das.

  • Skooltrui kan gedra word.

  • Kleurbaadjies (“blazer”) is verpligtend.

  • Slegs donkerblou skoolserp en handskoene is toelaatbaar, maar opsioneel.

Graad 12-Drag

  • Valia matriekhoedjie en das is verpligtend, blou kruisbande is opsioneel, maar dit is eksklusief tot die Graad 12-leerders.

  • `n Ligte roomkleurige “Chino” langbroek (“regular fit” NIE “slim” of “skinny” nie) is op vasgestelde dae verpligtend en is by Sedgars sowel as verskeie ander winkels beskikbaar.

  • Res van Graad 12-drag is soos voorgeskryf vir Graad 8 - 11.

Algemene Netheid

  • Seuns se hare moet te alle tye netjies gesny wees volgens die natuurlike afwaartse ronding van die skedel en die lengte moet geleidelik afneem van bo na onder en mag nie die kraag raak nie.

  • Die kuif mag nie oor die oë hang nie.

  • Haarpunte mag nie oor ore hang nie.

  • Geen uitspattige haarstyle nie. Geen “dreadlocks” in hare of patrone in hare geskeer nie. Ook nie vlegsels, met of sonder krale (versiering) selfs teen die kop, is toelaatbaar by seuns nie.

  • Wangbaarde mag nie verder as die middel van die oor strek nie.

  • Seuns wat reeds skeer, moet daagliks skoon geskeer wees.

  • Geen tatoeëermerke word toegelaat nie.

  • Geen armbande nie.

Dogters-Skooldrag

Somersdrag word vanaf 1 September tot 30 April gedra:

  • Wit kortmou skoolhemp met of sonder ‘n das.

  • Broekromp (15cm van die grond af as dogter op haar knieë staan) of vlootblou langbroek volgens verskaffers se standaarde ontwerp mag gedra word. Slegs donkerblou “ski pants” mag onder romp gedra word.

  • “Pull over” of skooltrui kan bo-oor hemp gedra word.

  • Trui mag nie om heupe gedra word nie.

  • Wit sokkies wat omgevou word (geen “secret socks” of wit oefenkouse nie).

  • Swart skoolskoene (geen swart tekkies nie).

Wintersdrag word vanaf 1 Mei tot 31 Augustus gedra:

  • Wit langmou hemp met das.

  • Vlootblou langbroek.

  • Wit of donkerblou sokkies.

  • Trui kan gedra word, kleurbaadjie (blazer is verpligtend).

  • Slegs donkerblou skoolserp en handskoene is toelaatbaar, maar opsioneel.

Graad 12 Drag

  • Valia matriekhoedjie en das is verpligtend op vasgestelde dae.

  • Matriekrompie (15cm van die grond af as dogter op haar knieë staan).

  • Snit mag nie aangepas word nie.

  • Blou “tights” of blou matriekkouse.

  • Res van die Graad 12-drag is soos voorgeskryf vir Graad 8 - 11.

Sportdrag

  • Dogters mag nie `n “crop top” tydens atletiekbyeenkomste dra as hulle nie deelneem nie.

  • Lengte van sportrompies (15cm van die grond af as dogter op haar knieë staan).

Grimering & naels

  • Geen grimering word toegelaat nie. Uitsonderings is byvoorbeeld onderlaag a.g.v. velprobleme, maar dan moet dit deur `n mediese sertifikaat gestaaf word wat onder die aandag van die graadvoog of Mev K Spires gebring moet word.

  • Wanneer die handpalm vertoon word, mag die naels net bokant die vingerronding uitsteek. Naelversterker of kleurlose naellak is toelaatbaar. Geen “French Manicure” of lang gelnaels nie.

Algemene Netheid

  • Kort hare mag nie langer as die omslae van die hempskraag wees nie en kuiwe mag nie oor die oë hang nie.

  • Los hare moet vasgemaak word. Slegs rekkies, knippies, linte en haarbande mag gebruik word om hare weg te steek of vas te maak. Alle haarbykomstighede mag gebruik word slegs in die volgende kleure, naamlik: blou, rooi, wit, silwer en goud.

  • Haarbande met kolle, blomme of strepe in enige ander kleur as een van die skoolkleure is ontoelaatbaar. Bandanas word nie toegelaat nie.

  • Geen uitspattige haarstyle of haarkleure nie. Hare moet te alle tye netjies vasgemaak wees. Geen “dreadlocks” word toegelaat nie.

  • Dogters wat hul hare teen die kop laat vleg met “extensions” (“braids”) se hare mag gevleg wees, maar geen gekleurde lint of krale is toelaatbaar in die vlegsel nie. Die vlegsels moet ook steeds vasgemaak word en kan nie net los hang nie.

  • ‘n Haarsnit waar ‘n gedeelte van ‘n meisie se hare afgeskeer is en die res lank of waar die een kant opgeskeer is, is ontoelaatbaar.

  • Sonstrepies, een skakering ligter of donkerder as natuurlike haarkleur, word toegelaat.

  • Geen tatoeëermerke word toegelaat nie.

  • Dogters mag slegs wit of vleeskleurige onderklere onder wit hemp dra.

Lapelwapens en juweliersware m.b.t. alle leerders

  • Slegs skoollapelwapens mag aan die baadjielapel gedra word, bv. VCSV, Vita Academia en VLR.

  • Polshorlosies mag nie uitermatig groot wees nie.

  • Slim horlosies mag nie gedurende formele assessering gedra word nie.

  • Oorkrabbertjies (slegs toegelaat vir dogters). Oorkrabbertjies moet `n paar vorm en slegs een per oor word toegelaat. Indien meer as een gaatjie in die ore, word die oorkrabbertjie in die onderste gaatjie gedra.

    • OORRINGE: Goue of silwerkleurige ringetjies nie groter as `n 20c stuk en dikker as 3mm nie.

    • KNOPIES: Slegs goud, silwer, of pêrel klein knopies word toegelaat. Geen diamant knopies word toegelaat nie.

  • ‘n Oorbel ingeskiet a.g.v. mediese redes soos bv. vir migraine, moet deur `n mediese sertifikaat gestaaf word wat onder die aandag van Mev. K Spires gebring moet word.

  • GEEN tongringe, naeltjieringe, ringe, kettings, armbande, halssnoere en ander behangsels nie, behalwe `n mediese inligtingsketting.

  • LET WEL: Ontoelaatbare juweliersware word gekonfiskeer en veilig bewaar.

  • Juwele kan die volgende dag afgehaal word teen `n boete.

Akademie - Huiswerk

  • Dit is beleid by Transvalia dat leerders gereeld in alle vakke wat aangebied word, huiswerk ontvang. Alle huiswerk moet gereeld, getrou en netjies gedoen word. Indien ouers merk dat leerders nie “huiswerk kry nie”, sal dit waardeer word indien hulle met die skool kontak maak.

  • `n Studieprogram moet alle vakke insluit en nie net leervakke nie.

  • Tale en vakke soos Rekeningkunde, Wiskunde en Fisiese Wetenskap vereis daagliks oefening.

  • Leerders wat hulle skuldig maak aan pligsversuim, sal gestraf word.

  • Voorgestelde studietye:

    Gr. 8 – 9 : 2½ uur per dag

    Gr. 10 – 11 : 3½ uur per dag

    Gr. 12 : 4 uur per dag

Universiteitstoelatingsvereistes: Gr. 12

  • Om graadstudies en diplomastudies by enige Universiteit voort te sit, is daar ‘n minimum statutêre toelatingsvereiste van die Nasionale Sertifikaatvereistes.

  • ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) deur Umalusi gesertifiseer met ‘n prestasievlak van:

    • 3 (40-49%) vir diplomastudies

    • 4 (50-59%) vir graadstudies moet minimum krediete vir aangewese graad behaal word.

  • Die bereiking van die minimum vereistes is nie gewaarborg dat ‘n student toegelaat sal word tot enige program of studierigting nie. Ten einde toelating tot ‘n fakulteit en spesifieke kursusse/programme te verkry, word toepaslike kombinasies van erkende NSS-vakke asook spesifieke vlakke van prestasie van voornemende student vereis.

Slaagvereistes

  • GR 8 en 9: Afrikaans 50+%

  • Engels 40+%

  • Wiskunde 40+%

  • Drie ander vakke 40+%

  • Twee vakke 30+%

  • GR 10 – 12: Afrikaans en nog twee vakke 40+%

  • Drie vakke 30+%

  • Een druipvak met ‘n volledige SBA

  • Promosie sal plaasvind as alle assesseringstake voltooi is.

Addisionele vakke (Meer as 7)

  • `n Leerder wat meer as 7 vakke in Gr 10 – 12 wil neem, moet by Me. M Herbst registreer. Leerder moet self met vakonderwyser vaste reëlings tref om werk te kry ens. Daar moet ook skriftelik kennis gegee word wanneer sodanige vakke gestaak word. Koste hieraan verbonde is R200.00 as registrasiefooi per vak per jaar.

Prysuitdeling: Toekennings

Vereistes vir akademiese toekennings

Graad 8

Graad 9

Graad 10 (7 beste vakke)

Graad 11 (7 beste vakke)

Graad 12 (7 beste vakke)

Vitae Academia

80%

80%

75%

75%

70%

Prestasie

85%

85%

80%

75%

70%

Erekleure

90%

90%

85%

80%

75%

Vitae Academia

  • Met ons Vitae Academia toekennings beoog ons om aan ons leerders deurlopend erkenning te gee vir uitstaande akademiese prestasie. Verder is dit ook `n motiveringsaksie om steeds beter te presteer op akademiese gebied en om te kwalifiseer vir lenings en beurse wat leerders in staat sal stel om verdere tersiêre onderrig te bekom.

  • Toekennings word gemaak in die vorm van brons-, silwer- en goueknopies sowel as erelidmaatskap en dit word na elke eksamen toegeken. Dit word SLEGS OP eksamenpunte bereken.

  • Indien `n leerder afwesig was met die skryf van `n eksamenvraestel kan hy/sy in aanmerking kom vir `n prestasietoekenning, maar sal nie vir `n vitae-toekenning in aanmerking kom nie.

Kultuurtoekennings

  • Kultuuraktiwiteite word in twee kategorieë verdeel tussen:

    • Uitvoerende Kunste

    • Ander Kultuuraktiwiteite.

  • Toekennings verskil van aktiwiteit tot aktiwiteit, want die puntestelsel maak ook voorsiening daarvoor om sertifikate, prestasiebalkies of erekleure te ontvang.

Kultuurtoekennings

  • Kultuuraktiwiteite word in twee kategorieë verdeel tussen:

    • Uitvoerende Kunste

    • Ander Kultuuraktiwiteite.

  • Toekennings verskil van aktiwiteit tot aktiwiteit, want die puntestelsel maak ook voorsiening daarvoor om sertifikate, prestasiebalkies of erekleure te ontvang.

Vereistes vir sporttoekennings

  • Sertifikaat: Prestasie op skoolvlak

  • Prestasie Balkie: Prestasie op distrik- of streeksvlak

  • Erekleure: Prestasie op provinsiale of nasionale vlak

    Drie jaar vir eerste span gespeel. Spantoekennings.

Hoogste toekennings

  • Beste Sportprestasie binne skoolverband

  • Beste Sportprestasie buite skoolverband

  • Beste Kultuurprestasie binne skoolverband

  • Beste Kultuurprestasie buite skoolverband

  • Veelsydigste Sportprestasie- Word toegeken slegs aan ‘n Graad 12-leerder en alle sport prestasies en deelname word in ag geneem vanaf Gr 10 – 12.

  • Veelsydigste Kultuurprestasie- Word toegeken slegs aan ‘n Graad 12-leerder en alle kultuur prestasies en deelname word in ag geneem vanaf Gr 10 – 12.

  • Veelsydigheidstoekenning- Word toegeken slegs aan ‘n Graad 12-leerder en die volgende kategorieë word in ag geneem: Leierskap, Akademie, Sport en Kultuur - Prestasies en deelname word in ag geneem vanaf

  • Graad 10 – 12. Let daarop dat Olimpiades ook ‘n rol speel by die akademiese kategorie.

  • Dux-leerder- Hoogste Akademiese prestasie in Gr 12.

Dissiplinêre stelsel & Strafmaatreëls