GHOLF
Gholf 2025 seisoen
Wat ’n uitsonderlike jaar vir Hoërskool Transvalia se gholfspan! 🏆
Nadat die span hul tiende ligatitel sedert 2014 ingepalm het, het verskeie van ons spelers gedurende die Oktober-vakansie en 2025-seisoen met merkwaardige prestasies uitgeblink.
2025 Hoogtepunte:
Janco Vrey – 1ste plek by Emfuleni Klubkampioenskappe, 6de by SA Seuns O/17, 2de by Gauteng Klubkampioene, verteenwoordig Vaaldriehoek A en Noordwes.
Mican Nel (Gr. 9) – 1ste plek in Botswana Internasionaal (15–17 jr), 7de algeheel uit 200 deelnemers, en 1ste plek in Duitsland.
Jayden Stewart – Vaaldriehoek A-span en SA Hoërskole Toernooi.
NF van Tonder – Noordwes O/15, Vrystaat O/19 en Vaaldriehoek B-span.
Luan Burger – Noordwes O/15, Vaaldriehoek B-span, Dimension Data Junior Toernooi en Heron Banks A-divisie Klubkampioen.
RW Koekemoer (Gr. 😎 – SA Kids en Noordwes Provinsiaal – ’n opkomende ster.
’n Spesiale woord van dank aan ons matrieks – Wihandre Kruger, Jayden Kühn en Wernich Tonsing – vir hul jarelange bydrae tot Valia se gholfsukses.
Wihandre Kruger: Sedert Gr. 8 in die NWU Super 16 A-span, 4x ligawenner, verteenwoordig Suid-Afrika 2 keer in Ierland 🇮🇪 en 2 keer in die VSA 🇺🇸 – ’n ware Valia-ikoon en inspirerende kaptein.
Jayden Kühn: Deel van die Super 16 A-span, en spog met twee volmaakte gelukhoue by Emfuleni Gholflandgoed! ⛳
Wernich Tonsing: Verteenwoordig die Super 16 B-span met onderskeiding.
Julle drie was ware staatmakers – Valia is trots op julle en gaan julle beslis mis!
’n Groot dankie aan al ons ouers en ondersteuners. Danksy julle toewyding en die spelers se harde werk is Valia se Gholf toekoms blink en belowend 💪🏼

