FINANSIES

Skoolfonds en ander betaalbare gelde

Transvalia het nog altyd op `n gesonde finansiële basis gefunksioneer, waar ons daarin slaag om geweldig baie geleenthede vir ons leerders te skep, sonder om ons ouers onder geweldige finansiële druk te plaas.

Mobiele betalingstoestel

Ons het met ’n nuwe betalingstoepassing geïntegreer, wat die betaling van addisionele gelde aan die skool kan vergemaklik. Die naam van hierdie toepassing (application) is “Karri”. U as ouer kan nou maklik ’n betaling maak deur die druk van ’n knoppie, wat die verantwoordelikheid totaal van u kind af wegneem.

“Karri Payments” is ’n innoverende mobiele betalingstoepassing waarmee jy vinnige betalings vir alle addisionele skoolverwante aktiwiteite of verpligtinge op jou selfoon kan maak. Hierdie toepassing kan met enige Suid-Afrikaanse bank integreer en stem ooreen met die POPI Act, deurdat dit voldoen aan streng interne maatreëls om veiligheid en sekuriteit te alle tye te verseker.

Hoe om die Karri toepassing af te laai:

  1. Gaan na die “App store” of “Google Play Store” op u foon.

  2. Laai die “Karri” toepassing af.

  3. Maak die toepassing oop en kies “Teken aan”.

  4. Vul u e-posadres in (soos aan skool verskaf), skep ’n wagwoord en voltooi u persoonlike besonderhede.

  5. Op die openingsblad sal u enige opkomende gebeure en insamelings sien. Betaling kan geskied deur ’n bankkaart aan te heg of deur u “Karri beursie” aan te vul. Druk op profiel en gaan na betalingsmetodes. U “Karri beursie” kan aangevul word deur u kaart of deur die “EFT i-pay” funksie.

Die aanvangsdatum vir die gebruik van die toepassing, “Karri App” was 1 Desember 2024.

Neem ook asseblief kennis dat die Kafeteria nie deel van die toepassing is nie.

SKOOLFONDS 2026

Skoolgelde vir 2026 beloop in totaal R22 650 per leerling per jaar met ’n eerste paaiement van R3 500 ingesluit wat dadelik betaalbaar is voor of op 14 Januarie 2026.

NEEM KENNIS: Die eerste paaiement is slegs vir skooleiendom wat aan leerders geleen word (van boekstoor ontvang) sowel as leerders se eerste stel skrifte.

(a) Gewone maandelikse betaling: Die oorblywende skoolfonds (R19 150) kan in 10 gelyke paaiemente van R1 915 per maand vanaf 1 Februarie 2026 tot 30 November 2026 betaal word.

(b) Vroeë betaling afslag van 10% op oorblywende skoolfonds indien die volgende ten volle voor/op 28 Februarie 2026 betaal is:

Eerste Paaiement betaling.................................................................R 3 500

Alle sentrumfonds (soos van toepassing) VOLLEDIG betaal

Indien bogenoemde ten volle betaal is, kwalifiseer u vir die 10% afslag.

Skoolfonds (na afslag van 10%)..........................................................R 17 235

DUS die minimum betaalbaar voor/op 28 Februarie 2026 is: R 20 735

Skoolfonds vir die volgende jaar sal gekommunikeer word aan die einde van Oktober na afhandeling van die begrotingsvergadering.

ONTHOU betaling van addisionele werkboeke word leerder se eiendom!!!

LET WEL! Verwerking van merietebeurse en subsidies gaan nie plaasvind alvorens die R3 500, eerste paaiement nie betaal is nie, want dit maak nie deel uit van die merietebeurs en subsidie nie.

Leerders wat op akademiese-, sport-, kultuur- en leierskapgebied presteer het, kan in aanmerking kom vir merietebeurse wat korting op skoolgeld beteken en kan hiervoor in Januarie aansoek doen. Merietebeursvorms sal Januarie beskikbaar gestel word en moet teen einde Januarie ingedien wees.

Neem asseblief ook kennis dat ouers wat finansiële probleme ondervind en wat volgens bruto inkomste volgens Staatsregulasie 29311 kwalifiseer, aansoek kan doen vir subsidie deur die nodige aansoekvorms by die finansiële kantoor te kry en in te dien.

Neem kennis dat die aansoeke vir subsidie einde Januarie sluit en dat die voorgeskrewe aansoekvorm en stawende dokumente dan deur die Beheerliggaam van die skool verwerk word. Riglyne volgens Staatsregulasies 29311 sal dan deur die Beheerliggaam gebruik word om die subsidies toe te ken. U sal gedurende Februarie 2026 in kennis gestel word of u aansoek suksesvol was.

Addisionele werkboeke en hulpbronne

Betalings vir addisionele werkboeke (wat nie by die eerste paaiement ingesluit is nie) wat by onderwysers in klasse ontvang sal word en dan die leerders se eiendom is, moet ook by wyse van die “Karri app” (toepassing) betaal word.

Sentrumfondse

Die volgende sentrumfondse is van toepassing op sekere vakke, indien u vir afslag van skoolfonds wil kwalifiseer, moet die sentrumfondse ook ten volle betaal wees. Sentrumfondse is betaalbaar via die “Karri app”, aan die skool.

Sentrumfondse is as volg:

R500 - IT; RTT; Verbruikerstudies & Pas en Draai

R400 - Visuele Kuns

R300 - Drama

Leerders wat ekstra vakke wil neem (8ste vak), moet in Graad 10 daarmee begin. Ekstra koste van R200 per vak per jaar moet betaal word.

Roete bustariewe

Die leerders wat van die busvervoer gebruik maak, die koste beloop as volg:

  • Kwartaalkaartjies R2 500

  • Jaarkaartjies R7 500 (indien betaal voor/op 28 Februarie betaal)

Merietebeurse en Busvervoer

Aansoek om Merietebeurs - Gr 8 tot 12 Kliek Hier

Aansoek om Merietebeurs (Gr. 7 leerder) Kliek Hier

Aansoek om Bus Roete vervoer (2025) Kliek hier

Busroete vertrekpunte (2025) Kliek hier

Bankbesonderhede van Hoërskool Transvalia

ABSA Tjekrekening: 530 390 594

Tak: Vaal Mall

Algemene takkode: 632005

Verwysing: Naam van Leerder, aktiwiteit ens.

e-pos: fin@hstransvalia.co.za en valia@hstransvalia.co.za