Kliek hier om in te skryf by VALIA
Kliek hier vir Gr. 8 tot 12 aansoek om merietebeurs
Kliek hier vir die Jaarplan van 2026
Kliek hier vir die Ouer-omsendbrief No. 1 van 2026
Ouer-Omsendbrief no. 5 van 2025 - Kliek hier

VLR Bestuur vir 2026

Hoërskool Transvalia | VLR Bestuur 2026

Baie geluk aan ons nuutverkose VLR Bestuur vir 2026!

Mag die jaar wat voorlê vir elkeen van julle gevul wees met groei, seëninge en trots in diens van jul skool en medeleerders.

Seuns

Eduann Raubenheimer (Tesourier)

Christiaan Snyman (Onderhoofseun)

Gerhard Cloete (Hoofseun)

Dogters

Lumé van Rensburg (Hoofdogter)

Logan Pottas (Onderhoofdogter)

Megan van Wyk (Sekretaresse)

#TTT #TrotsTradisieTransvalia #VLRBestuur2026

Skryf in by Valia
 

Ons Sport

Transvalia se sport sal voetspore van kameraadskap, karakterontwikkeling en deursettingsvermoë in elke leerder kweek.

Rugby, netbal, hokkie, atletiek, tennis, krieket, Gholf, Muurbal, Rolbal, fietsry, landloop, skaak en buitesport.. in elkeen van hierdie sportsoorte ontwikkel en bou ons leerders wat verstaan van harde werk, en om te kan val en weer op te staan! Leerders wat nederig en opreg die kompetisie aanvat.. Sport bied die geleentheid vir fisiese oefening, en sosiale interaksie.

 

Ons Skool

Hoërskool Transvalia is 'n instansie vir kinders om tot hulle volle potensiaal en onder gebalanseerde omstandighede te ontwikkel.  Hier word gewerk en gespeel en elke stadium begelei deur 'n onderwyskorps wat kinders ken en verstaan.

As 'n suiwer Afrikaanse skool wat Christelike beginsels navolg en op soveel moontlike wyses aan leerders oordra, glo ons dat ons taal en geloof altyd hoë prioriteit sal geniet.

Gemeet aan prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied, slaag ons in ons doel om leerders tot hoër hoogtes te rig. Uitstekende uitslae in die klas, op die sportvelde en op die verhoog, verseker dat leerders met hul talente kan woeker.

'n Verdere voordeel is 'n wye vakkeuse, pragtige terrein en fasiliteite, veilige omgewing, streng dog regverdige dissipline en 'n rustige atmosfeer. In liefde word leerders tot volwassenes begelei sodat jy met 'n gebalanseerde lewensuitkyk, jou toekoms as volwassene kan te gemoed gaan.

Maak seker dat u ons kontak oor enige vrae.