Skoolreëls
Ons is trots op ons skool, daarom word skoolfunksies in skooldrag bygewoon, tensy dit anders gereël word.
Die nakom van die rookbeleid is verpligtend. Rook op die skoolterrien is VERBODE en rook in SKOOLDRAG op ENIGE PLEK IS VERBODE.
Kou van kougom op die skoolterrein is verbode.
Die gebruik van alkoholiese drank en verdowingsmiddels is STRENG verbode.
Ongeoorloofde en uitspattige drag en oorbelle vir seuns en dogters word nie by funksies toegelaat nie.
NB! HOU TRANSVALIA SKOON. Moet nooit verby 'n papier loop nie, tel dit op en stel 'n voorbeeld.
Tydens skooluitstappies moet leerders korrek en baie netjies in skooldrag geklee wees. Seuns moet ten alle tye skoon geskeer wees.
(Eksamen of klasse sal geweier word.)
Enige ingeskrewe leerder van Hoërskool Transvalia moet hom/haar onderwerp aan die skool se gedragskode en dissiplinêre stelsel.
Die gedragskode is vir insae by die skool beskikbaar. As 'n leerder inskryf by Transvalia onderwerp hy/sy hom/haar aan die gedragskode.
